Judy Garland

Judy Garland
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Frances Ethel Gumm
Geboorte 10 Junie 1922
Grand Rapids, Minnesota, VSA
Sterfte 22 Junie 1969
Chelsea, Londen, Engeland
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Aktrise, sangeres
Aktiewe jare 1924-1969 (sangeres)
1929-1967 (aktrise)
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Judy Garland[1] (Frances Ethel Gumm; 10 Junie 1922 - 22 Junie 1969) was 'n Amerikaanse aktrise en sangeres.[2] Sy is hoog aangeslaan vir haar veelsydigheid en het onder meer 'n Juvenile Award, Golden Globe- en Grammy-pryse en 'n Spesiale Tony-toekenning gekry.

Garland is ook vir verskeie ander pryse benoem, onder meer vir Academy Awards vir beste aktrise in die herproduksie van A Star is Born en beste vroulike byspeler vir haar rol in die 1961-rolprent Judgment at Nuremberg. Op die ouderdom van 39 het sy die jongste ontvanger geword van die Cecil B. DeMille-prys vir haar lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf.

  1. "Judy Garland: Biography" (in Engels). TV Guide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 23 Desember 2011.
  2. Fricke, John. "Judy Garland: Featured Essay" (in Engels). PBS. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2009. Besoek op 23 Desember 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search